Evening Prayer

'n Seunskoor in die All Saints-parogiekerk te Northampton, Engeland, sing die Evensong
Interieur van die Cathedral of St Michael and St George op Kerkplein, Grahamstad

Die Evening Prayer of Evensong is 'n liturgiese diens volgens die tradisies van die Anglikaanse Kerk wat in die laat namiddag of saans gehou word. Die sinoniem Evensong verwys spesifiek na dienste wat van koormusiek begelei word. Die Evening Prayer se liturgie word deur die Book of Common Prayer bepaal, selfs in Anglikaanse kerke buite die Britse Eilande waar die liturgiese orde intussen deur die Common Worship of ander moderne gebedeboeke gereël word.

Die Evening Prayer word ook deur die Anglikaanse Scottish Episcopal Church en bepaalde gemeentes van die gereformeerde Kerk van Skotland gehou, onder meer in katedrale waar die tradisies van koorsang ook ná die Protestantse Hervorming bybehou is (insluitende St Mary's Cathedral en Old Saint Paul's in Edinburg, die Katedraal van Glasgow, St Mary's Cathedral in Glasgow en St Margaret's, Gallowgate in Aberdeen). Die Evening Prayer is ekwivalent met die Vespers in die Rooms-Katolieke en Lutherse Kerke.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search